Bosveld NewsCrimeNewsUpdate

OPVOLG: Plaasaanval saak uitgestel

Die verdagtes staar agt klagtes van onder meer poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die gesig.

MOKOPANE – Nico Muller (68) en sy vrou Annetjie (66) was op 10 Januarie op Klipput, hul plaas van oor die 14 jaar, en wat sowat 23 km buite Mookgophong gelee is, deur drie gewapende verdagtes oorval is.

In Bosveld se berig Verdagtes vasgetrek na erge plaasaanval, op 15 Januarie, word vertel dat Muller om 07:00 die kalf gaan melk gee het toe drie booswigte hom in die huis in gevolg het en hom ‘n klap oor sy neus gegee het, waarna hulle hom vasgebind het.

Hulle het sy vrou Annetjie in die gesig geslaan, in die rug geskop en haar ook vasgebind.

Binne ‘n uur het die verdagtes die huis geplunder.

Danksy die flink reaksie van die boere, HPG Spoorsnyers en die plaaslike polisie, is die verdagtes om 12:00 dieselfde dag vasgetrek.

Die mans wat vasgetrek is, Kululeko Freedom Shongwe (38), Albert Matwasa (47) en Mooiman Jabulani Mahlanu (32) het op 13 Januarie voor die Mookgophong Landdroshof verskyn waar die saak na die Mokopane Streekhof uitgestel is.

Die verdagtes staar agt klagtes van onder meer poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die gesig.

Die verdagtes is op 29 Februarie borgtog geweier in die streekhof. Die saak is daarna herhaaldelik uitgestel en sal nou op 15 Maart aangehoor word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button