Bosveld NewsNews

Raadslid vra hulp by gemeenskap

“In die huidige politieke omgewing waarin ons leef is daar ‘n toename in stakings. Ek besef ons as inwoners gaan gebukkend onder die tipe kwaadwillige stakings. “Tog as ek deur die strate ry voel ek ons is aandadig aan hoe die dorp se strate lyk tydens so ‘n staking. “Rommel word orals gestrooi en vullis …

“In die huidige politieke omgewing waarin ons leef is daar ‘n toename in stakings. Ek besef ons as inwoners gaan gebukkend onder die tipe kwaadwillige stakings.

“Tog as ek deur die strate ry voel ek ons is aandadig aan hoe die dorp se strate lyk tydens so ‘n staking.

“Rommel word orals gestrooi en vullis sakke word verskeur en geplunder.

“Ek wil vir elke inwoner, besigheidseienaar of bestuurder vra om nie julle vullissakke uit te sit tydens stakings nie.

“Ons dra dan net by tot die vervalling van ons dorp en land.

“Ek besef ons betaal vir dienste wat gelewer moet word en dis inwoners se reg dat vullis verwyder moet word, maar dis nie die voorbeeld wat ons wil stel aan toeriste of toekomstige beleggers nie.

“Ons moet wys ons gee om vir ons dorp en omgewing.

“Dis ons nalatenskap aan ons kinders.

“Ek vra ook dat vullissakke op die dag van verwydering uitgesit word en nie voor die tyd nie aangesien dit verskeur word.

“Kom ons werk saam en wys ons kan ons dorp opbou al is die stand van sake so onseker.”

Vriendelike groete

Yolandé Coetzee, DA Raadslid van Wyk 32

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button