Bosveld NewsNews

Voëlkenner deel sy liefde en passie

Die Viljoens spog met meer as 100 unieke en prag voëls.

MOKOPANE – Bosveld het onlangs by een van die grootste voëlliefhebbers in Mokopane gaan aanklop en met Johan Viljoen gaan praat oor sy interessante stokperdjie.

Viljoen het op ‘n plaas in Namakwaland groot geword en vandaar het sy liefde vir diere ontstaan. Hy en sy vrou Elmin het reeds 20 jaar terug met African Greys en Ringnekke begin boer en ‘n jaar terug het die Lovebird hulle harte gesteel. Vandag spog die Viljoens met meer as 100 unieke en prag voëls.

Johan wys trots hoe elke voël se unieke kleur deur middel van genetika gevorm word. “Wanneer die voël ‘n rooi oog het is hulle meer werd, want hulle beskik oor ‘n seldsame geen.”

Johan ken elke voëlsoort op die naam en teken presies aan wanneer hulle broei, wie eiers het en hoeveel kuikens in die hok is. “Ek leer baie en geniet dit vreeslik, die afwagting om te sien wat uit die eier broei is ongelooflik. Genetika is vreeslik interessant.”

Elmin sê met ‘n warm glimlag: “Dit is soos om kinders groot te maak.”

Die Viljoens woon gereeld veilings by en deur middel van ‘n landswye Whatsupp groep brei hulle daagliks hulle kennis uit. Johan se hy wil graag ‘n voëlklub in Mokopane stig en nooi dus alle voëlliefhebbers uit om hom te kontak rakende die verband. “In ‘n klub kan ons nie net ons passie deel nie, maar ook ons kennis en so mekaar ondersteun. Tans in Mokopane is die nodige medisyne en selfs kos vir die voëls nie altyd beskikbaar nie en deur middel van ‘n klub kan die probleem opgelos word,”vertel Johan verder.

Geesdriftige voëlliefhebbers wat ‘n voëlklub in Mokopane wil stig kan Johan kontak by 083 269 1848.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button