Bosveld NewsNews

DBV is wéér op sy knieë

Die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) bedien 'n gebied van sowat 6 000 km² wat Lebowakgomo, Jane Furse, Tafelkoppe, Groblersdal, Marble Hall, Tuinplaas, Bela-Bela, Modimolle, Mookgophong, Marken, Steilloop, Vaalwater en Blouberg insluit.

MOKOPANE – “Die vereniging kry tans geen fondse nie en ons maak alleenlik staat op donasies. Ons hokke bly vol en ons is verlede week genoodsaak om 40 honde te laat slaap. Dit breek my hart, want ek is magteloos in die stryd,” sê Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV.

Maritz vertel verder dat die DBV tans oor slegs 11 personeellede beskik en dat hulle skofte werk omdat daar dag en nag iemand aan diens moet wees.

“Die personeel doen dit vir die liefde van die saak en van hulle werk al vir meer as 30 jaar by die DBV.”

“Ek weet nie wanneer ons weer ‘n finansiële inspuiting van die Lotto gaan kry nie – dit kan moontlik eers aan die einde van die jaar wees en tot dan moet ons aanhou om ‘n diens te lewer.”

“Mense kom laai op ‘n daaglikse basis hulle diere by die DBV af om verskeie redes en om weer eienaars vir die diere te kry, is soms amper onmoontlik. ‘n Dier kan ook nie te lank in ‘n hok bly nie, want hulle kwyn weg. Wanneer die diere wel aangeneem word, betaal die nuwe eienaars ‘n fooi, wat ons weer aan die veearts betaal vir die sterilisasie en eerste inenting,” vertel ‘n hartseer Maritz.

Ingevolge die DBV se beleid, mag die vereniging nie diere wegwys nie ongeag die omstandighede van die persoon wat die dier inbring.

Sy bedank die ondernemings en mense wat bydraes maak en sê die gemeenskap is welkom om die boeke van die DBV te kom besigtig.

Mense en ondernemings wat hande wil vat met die DBV, kan Maritz kontak by (015) 491 3661 of 078 617 8682.

Die DBV se bankrekening-besonderhede is: Percy Fyfe DBV Mokopane, Absa Tjekrekening: 1023610465, takkode: 334348, verwysing Bosveld Review.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button