Bosveld NewsNews

Estelle laat diep voetspore na

Na vyf suksesvolle jare as bestuurder van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes groet Estelle Hartzenberg die Dienssentrum vir 'n nuwe avontuur in George.

MOKOPANE – Estelle tree aan die einde van April uit as bestuurder en wens haar opvolger alle voorspoed en seën toe. Estelle sê tong in die kies: “My familie het gewen teenoor my aangenome familie. Ek het besluit om my dogter in George met haar praktyk as rekenmeester te gaan help en my kleinkind met hope oumaliefde te bederf.”

Lesers sal bly wees om te lees dat Estelle en haar man Gabriel nie finaal afskeid neem van Mokopane nie en dat sy die res van die jaar haar tyd tussen Mokopane en George gaan deel.

Die Dienssentrum is sinoniem met Estelle en na vyf jaar het sy behoorlik haar stempel van lag, liefde en vrolikheid in die gange afgedruk. Estelle vertel aan Bosveld dat dit soos gister voel wat sy aansoek gedoen het vir die pos.

“Ek onthou toe ek wegry vanaf die onderhoud was my gebed, U ken elk se omstandighede wat vandag vir die pos aansoek gedoen het, laat U wil geskied.” Sy sê dat sy die vyf jaar sal opsom as goeie, vol, liefde, lag en geseënde jare. “Dit was vir my baie lekker om dit vir die bejaardes soos ‘n tweede huis te laat voel, ek gaan hulle asook die personeel vreeslik mis.”

Vir Estelle was die reël van die gewilde Kierieklapper Kunstefees (KKKF) een van vele hoogtepunte.

Haar raad aan die persoon wat die leisels by haar gaan oorneem is: “Liefde! Seën elke bejaarde met hope liefde, wees geduldig, werk hard en glo en vertrou op God om jou te lei.”

Estelle bedank al die bejaardes, personeel en die gemeenskap vir vyf mooi jare wat sy vir altyd sal koester.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button