NewsSchool sportSchoolsSport

PLS seuns stap uit as naaswenners by Konka toernooi

Die o/11 Rugby span van Laerskool Pietersburg het tydens die afgelope skool vakansie na Konka in Rustenburg getoer.

POLOKWANE – Die o/11 Rugby span van Laerskool Pietersburg het tydens die afgelope skool vakansie na Konka in Rustenburg getoer. Die span onder die afrigting van Marten Gobey en Chris de Klerk het baie goed gevaar in die toer en het algeheel tweede gehom.

Die uitslae van die wedstryde is as volg:

PLS 57-7 Laerskool Proteapark

PLS 17-5 Laerskool Fairlands

PLS 12-22 Laerskool Mooirivier

PLS 0-15 Laerskool Midstream

Na afloop van die toer is nege van die spelers genooi om later vanjaar na Dubai te toer. Die Dubai-toer is die inisiatief van Travel & Sport en hulle het die Konka Toernooi geloods as keuringsproses om spelers te kies vir die Dubai-toer. Koste vir die toer na Dubai beloop R35 400 per speler. Daar word versoek dat indien iemand belangstel om die spelers te help of te borg, hulle die skool by (015) 295 9062 sal kontak.

Paar foto’s van die Konka Toernooi:

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button