Local NewsNews

‘n Hartseer totsiens vir AJ

Familie en vriende vertel van hoe hulle AJ sal onthou en nooit vergeet.

Zander Korff (Boetie)
Ek gaan jou baie mis. Ek gaan al die lekker koffie wat jy vir my gemaak het mis. Nou moet ek
alleen Xbox speel. Ek is baie lief vir jou.
Ouma Marlene en Oupa Jan
My eerste kleinkind wat my eers gegroet het toe jy 5 jaar oud was. Altyd gesê ouma se asem stink
na rook. Wou altyd by ouma oor slaap, maar eintlik was Jolene die trek pleister. Maar weet dat ons
jou gaan mis. Jy sal altyd nou 15 bly. Baie lief vir jou.
Oupa en Ouma Korff
Liewe A.J. ons oë traan op en die knop in die keel word net groter. Donderdag was die laaste…..
Wie het geweet nooit weer sal ons jou sien, jou druk of stem weer hoor nie. So baie vrae….Die
wonderlike herrineringe wat jy agter laat. Wie sal nou die boodskappies op die foon vir ons lees.
Die voorbeeld wat jy vir ander was. Jy was ons pragkind, weet dat jy ontsaglik gemis word. Niemand
sal ook jou plek kan inneem nie.
Die Steinbergs
Sodra ons besef hoekom ons almal hier bymekaar is skiet daar so n pyn deur ‘n mens. Kan net nie
aanvaar dat jy weg is nie. Ons kan jou nog orals sien. Saam in die winkels, by die werk, voor die
playstation en tydens dit alles kan mens jou stem nog hoor asof jy nou net gepraat het. Jy was
een onbeskryflikke besonderse mens en ons dank ons Vader dat hy jou vir ons “geleen” het. Ons
sal jou oneindig lief he, A.J. kind.
Tannie Oertel (Petro)
My liefste A.J.
Iets wat ons gedeel het was ons “Mina Moo” soen. Natuurlik kon ek dit nie meer die laaste tyd reg
kry nie aangesien jou wang buite bereik was en ek so effens aan die kort kant is. Dankie vir wie jy
was. Ek het nog altyd en sal ook met trots oor jou praat. Jy sal altyd my hart se punt bly.
Lief vir jou.
Oom Nic en tannie Annatjie
Jou liggie is gedoof hier op aarde maar as die seer en verlange te veel word sal ons op kyk na
die helderste ster wat vir ons knip oog, en weet dit is jy. Rus sag en veilig in Gods arms. Ons
gaan jou mis.dit is ons seer afskeids groet aab JOU. Jou waters waar rus is lei u my.
Pietie Erasmus
Liefste A.J.
Hoe groet ek jou as ek weet dat dit so finaal sal wees. Nooit het ek gedink ek sal van jou afskeid
moet neem so vroeg in jou lewe nie. Jy was uniek, jy was spesiaal. Jy was n voorbeeld vir elke
wese, klein of groot. Ek gaan jou mis ou A.J. Jy het diep in my hart gekruip oor 15 jare. Jy rus
nou veilig by Jesus. Ons harte is seer. Rus sag my neef, tot ons mekaar by die poorte weer ontmoet
– liefde, Pieter Erasmus.
Lollie
Liefste A.J.
Ek gaan jou baie mis, jy was soos n boetie vir my. Jy was altyd daar vir my. Die tye saam gaan
ek die meeste mis….movies kyk… lego speel… sims speel…. Jy het altyd die snaakste name vir
hulle uit gedink. En dinge vir hulle om te doen. Net een laaste drukkie. Liefde Lollie
Lieben, Marelieze en kinders
Liefste A.J.
Ons woorde is min… Dankie dat jy altyd so groot hart vir ons kinders gehad het en so so baie
aandag aan hul gegee het. Dankie vir al jou liefde en geduld, jy was n skitterende ster met liefde
vir almal om jou. Ons gaan jou baie mis veral Ruben en klein Lume. Rus in vrede, boeta lief jou
baie!
Oom Billy Stander
Liefste Korfkop – oom gaan jou vreeslik mis, jy wou my altyd net hand bysit en jou deel doen. Jy
was n mooi kind met die mooiste maniere. A.J. jy het so groot hart gehad dat jy jouself en jou
dinge op een skuif om ander se benodighede om te kan sien. Wat ‘n mooi eienskap. Ek het so
lekker saam met jou games gespeel en gelag na al jou se goedjies. A.J. mag jy nou rus vind en
in ewigheid saam die Here wandel. Jy sal altyd ‘n plekkie in my hart he ou grote. Sien jou eendag
weer Korffie – LIEF vir jou.
Annatjie (Meis)
A.J. my woorde is maar min. Baie dankie vir die wonderlikke persoon wat jy was, n vorware voorbeeld
vir so baie van ons. In net 15 jaar het jy so baie liefde en geluk gesaai dat dit moeilik is om
te glo en die verlange is groot. Liefde Meis.
Wikus, Ane en Wihandre Nel
Liefste A.J.
Ons harte is stukkend !
God het sy helderste ster kom haal en in die hemel skitter. Ons is so dankbaar vir 15 jaar wat jy
aan ons geleen was. Jou warm hart het ons lewens vervul. Jy was n sonskyn wat ons almal met
jou grappies en stories kan opbeur. ‘n Verantwoordelike seun wat vir almal om gegee het met jou
liefste volle persoonlikheid.
Tye saam jou sal ons altyd koester. Jy is on klein kindertjies se “HERO” en “MENTOR”.
Waar jy teenwoordig was was elke liewe kindjie se hartjie warm en vervul. Jy kon ure met hul speel
sonder om moeg of moedeloos te word. Jy het aan elke kind en mens se hart geraak.
Geniet die Hemel strate tot ons weer sien! Ons is on eindig lief vir jou……

Callie, Alicia en Carli van Heerden
Geliefde A.J. neef, alhoewel jou tyd saam ons heeltemal te kort en te min was, het jy tog diep
spore getrap in ons almal se harte! Jy sal onthou word as die sag geaarde, bereidwillige hulp verlener
en beskermer oor al die wat n guardian nodig gehad het.
Ons bid vir jou en jou gesin wat agter gelaat is, dat die Here julle almal in sy arms sal toevou en
lei en beskerm! Rus in vrede neef. Ons sal jou baie mis.

Oom Sampie, tannie San en gesin
Aan ‘n kosbare engel, A.J. jy was ons ster, ons staat maker. Jy was ons daaglikse glimlag. Jy was
vir n wonderlike familie geleen en ons gaan jou baie mis. Op aarde was jy ons engel sonder vlerke,
maar nou is jy on engel met vlerke. Jy het gaan sweef, ons sal jou weer vind. Ons gaan jou baie
mis.
Lief jou A.J. Korff. Dankie vir die tyd wat jy saam ons was, en wat jy ons geleer het rondom “Liefde,
omgee en respek”. Jy sal altyd ons familie se Super Hero

Oom Hendrik en Tannie Sue
A.J. ons gaan jou mis, al die mooi herrineringe en goeie voorbeeld wat jy was. Jy was maar net ‘n
kort tydjie aan ons geleen, maar jy los diep spore agter.

Oom PG en tannie Elize
Ai my ou maatjie of soos tanie Elize altyd gese het ou AJtjie ons harte is gebroke ons trane is
droog jou plek is leeg ons mis jou. Ons mag nie vrae hoekom en waarmom. Dit was jou besluit
en dit behoort tot die verlede. Elke kuier was so special juis soos laas naweek se potjie en die
uitstappie na die dam, as ons maar net geweet het en daaroor kon praat wie weet, ou seuna ons
moet jou groet maar dit is moeilik gepaart met baie hartseet en tranne. Gelukkig en dank Vader se
ons nie vaarwel en net totsiens tot ons weer ontmoet. Jy gaan ons n wylle vooruit hoe weet ons
wie is volgende oor n week oor n maand of nanaand, ons weet waar jy is en ons moet nog daar
kom. Dankie vir jou behulpsaamheid, vriendelikheid, vrolikheid en jou lag. Jy was n Jesus kind voorwaar!
Rus sag, Rus in vrede van jou verlangende peet-pa en ma Pieter en Elize Erasmus.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button