Bosveld NewsNews

Rowers slaan toe op kleinhoewe

'n Werknemer van Amatava Lodge op die Percy Fyfe kleinhoewes buite Mokopane was verlede Woensdag geteiken deur gewapende rowers.

MOKOPANE – Volgens die Mokopane Polisiewoordvoerder, Sersant Irene Masingi, is die werknemer die middag deur twee verdagtes oorrompel.

“Na bewering was een van die verdagtes gewapen. Die werknemer het probeer vlug, maar die verdagte het ‘n skoot afgevuur en gelukkig die verdagte gemis, maar hulle het hom aangerand en sy hande en voete vasgebind.”

Die werknemer het daarin geslaag om homself te bevry en toe gesien dat die verdagtes onder meer sy bankkaart, klere en geld gebuit het.

Martin van Eck, Senior Reaksie-Offisier van Special Operations Solution (SOS), het vir Bosveld gesê: “Ons het na die toneel gehaas en die verdagtes se spore gevolg, maar hulle het ons ontwyk.”

Masingi het verder gesê geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort. Van Eck waarsku alle inwoners op kleinhoewes om ekstra paraat te wees, aangesien inbrake op die kleinhoewes die laaste tyd drasties toegeneem het. Hy doen ook ‘n beroep op die inwoners om enige verdagte gedrag te raporteer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button