Dubai wink vir spelers, benodig bystand
Twee belowende rugbyspelers van Laerskool Pietersburg (Suidskool) is gekies om gedurende Desember ‘n rugbytoer na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate mee te maak maar benodig bystand om die koste, wat R35 382 elk beloop, te dra. JP Fowlds en Egan Botha is albei slotte van die skool se eerste rugbyspan en neem tans aan …

Twee belowende rugbyspelers van Laerskool Pietersburg (Suidskool) is gekies om gedurende Desember ‘n rugbytoer na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate mee te maak maar benodig bystand om die koste, wat R35 382 elk beloop, te dra.
JP Fowlds en Egan Botha is albei slotte van die skool se eerste rugbyspan en neem tans aan die Super 12-reeks deel.
“Ons is baie opgewonde oor die moontlikheid dat ons droom om aan die toer deel te neem, bewaarheid kan word en het reeds elkeen
R3 500 ingesamel,” sê JP.
Beide spelers is tydens die Konka rugbytoernooi wat gedurende Maart in Magaliesburg plaasgevind het, gekies om deel te wees van ‘n span wat vier wedstryde in Dubai gaan speel en ook deel sal wees van die Blitsbokke se ondersteuningsgroep wanneer hulle aan die Super 7-wedstryde deelneem.
Plaaslike prokureurs Oosthuizen en Steyn het ingewillig om ‘n trust-rekening vir dié doel te administreer en geld kan in rekeningnommer 242 847 390 by Standard Bank (takkode 051 001) met verwysing Dubai Rugby Tour inbetaal word. JP se ma, Michelle Fowlds kan by 083 455 1122 geskakel word vir verdere inligting.
Hoof Foto: Barry Viljoen – JP Fowlds en Egan Botha is gekies om gedurende Desember na Dubai te toer.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



