NewsSchools

Kleuterseuns word voorberei vir groot rugby vorentoe

Die leerkragte van Suikerbekkie Kleuterskool is dit eens dat die ontwikkelling van ‘n wye verskeidenheid vaardighede baie belangrik is en daarom bied die skool gereeld verryk-kingskursusse aan. Plaaslike rugbyafrigter, Jason Pretorius, besoek die skool elke Donderdag waar hy basiese rugbytegnieke vir seuns van drie tot ses jaar aanleer. Die seuns oefen sowat 45 minute lank …

Die leerkragte van Suikerbekkie Kleuterskool is dit eens dat die ontwikkelling van ‘n wye verskeidenheid vaardighede baie belangrik is en daarom bied die skool gereeld verryk-kingskursusse aan.
Plaaslike rugbyafrigter, Jason Pretorius, besoek die skool elke Donderdag waar hy basiese rugbytegnieke vir seuns van drie tot ses jaar aanleer.
Die seuns oefen sowat 45 minute lank en Pretorius konsentreer veral daarop om hulle te leer om veilig op die rugbyveld te wees. Hy gee ook spesiale aandag aan balhantering.
“Ek berei hulle van jongs af voor vir die dag wanneer hulle besluit om hul rugbystewels aan te trek.”
Pretorius sê dat hy beslis talent raaksien en dat ‘n hele paar seuns eendag nog groot uitblinkers kan wees.
Die kleuters dink dit is groot pret om elke week saam met hul maats rugby te speel en ‘n paar lesse op die koop toe te leer.

Rossouw Roux is in sy skik om meer oor sy gunsteling sportsoort by die skool te leer.
Rossouw Roux is in sy skik om meer oor sy gunsteling sportsoort by die skool te leer.
Foto’s: Leandri van Schalkwyk Janco Smit en Jayden Breed oefen vaardighede tydens ‘n sessie deur rugbyafrigter, Jason Pretorius.
Foto’s: Leandri van Schalkwyk
Janco Smit en Jayden Breed oefen vaardighede tydens ‘n sessie deur rugbyafrigter, Jason Pretorius.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button