NewsSchools

Skoolsnoepie gestroop, groot skade aangerig

Die eienaar van die snoepie by Pietersburg Laerskool (PLS), Elmarie Grobler, se moed het Donderdagoggend tot in haar skoene gesak toe sy sien hoe inbrekers die vorige aand die winkel byna rot en kaal besteel en ‘n magdom skade berokken. “Dit wat hulle nie kon steel nie, het hulle gebreek. Byna al die voorraad soos …

Die eienaar van die snoepie by Pietersburg Laerskool (PLS), Elmarie Grobler, se moed het Donderdagoggend tot in haar skoene gesak toe sy sien hoe inbrekers die vorige aand die winkel byna rot en kaal besteel en ‘n magdom skade berokken.
“Dit wat hulle nie kon steel nie, het hulle gebreek. Byna al die voorraad soos lekkergoed, koeldrank, toerusting en tientalle ander klein items soos eetgerei en kombuisgereedskap wat ek in die snoepie gebruik, is gesteel.”

Die booswigte het die deur oopforseer en die slot gebreek.
Die booswigte het die deur oopforseer en die slot gebreek.

Grobler het ook naaldwerk in die snoepie gedoen en selfs die naaldwerkmasjiene, klere en lappe is vasgelê. Die wasbak is uit die muur geruk om by die kluis te kom wat hulle ook summier losgeruk het,” sê Grobler.
Die inbrekers het toegang tot die snoepie se deur, wat hulle oopgebreek het, verkry. Grobler vermoed hulle het die van die groot vullisdromme leeggemaak om hul buit te vervoer. Sy sê die skurke het skynbaar baie tyd gehad om hul plundertog uit te voer.
“Die snoepie se kringtelevisiestelsel-ka­meras en beeldopnemer is ook gesteel. Geen vingerafdrukke is gevind nie en ongeveer
R52 000 se skade is aangerig,” sê Grobler.
Sy sê die moontlikheid dat ‘n vorige werknemer betrokke is, word nie uitgesluit nie.
Intussen het die skool haar gehelp om die snoepie se strukturele skade te herstel, maar vir die verlore voorraad sal sy self moet opdok. Sy het die polisie vir hul goeie diens en hulpvaardigheid bedank.

Hoof foto: Die snoepie by Suidskool na verlede Woensdagaand se rooftog en plundery.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button