Bosveld NewsNews

‘Nee’ vir Sylvania se mynplanne geweier mynplanagekelder

Die omgewingsimpakstudie van Sylvania Platinum om in die Nylsvley te myn is deur die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewingsake en Toerisme (Ledet) weens verskeie redes geweier.

LIMPOPO – Ledet het op 13 April die voorgestelde ontwikkeling van ‘n oopgroefmyn op die plaas Volspruit buite Mokopane afgekeur. Indien enige party betrokke teen die besluit wil appelleer moet hulle dit voor 5 Mei doen.

Sylvania wou die myn noord van die Nylsvley op die vloedvlakte, sowat 20 km suid van Mokopane begin, maar het deurgaans teenkanting gekry van onder meer die beswaarde Nylaksiegroep.

Dié groep het die besluit verwelkom en hul prokureur, Emile Honiball het daarop gewys dat die redes juis die besware was, wat die groep ook uitgewys het. Honiball het gesê een van die redes vir weiering is dat die Mogalakwena opvanggebied volgens die National Water Resource Strategy 2013 ten volle ontwikkel is en daarom word die onttrekking van water nie deur Ledet ondersteun nie.

Die Mogalakwena rivier se hidrologiese sisteem werk nie in afsondering van ander hidrologiese stelsels nie. Die impak wat op die hidrologiese stelsel uitgeoefen word, het dus ‘n invloed op ander sisteme.

Die Waterberggebied is waterskaars, maar spog met uiteenlopende volhoubare sakeondernemings en werksgeleenthede wat afhanklik is van die suiweringsvermoë van vleilande en ryk waterbronne. Nylsvley spog met 370 inheemse voëlspesies, meer as ‘n 100 spesies daarvan is watervoëls.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button