DLU stel bielie van ‘n braairekord op
Die Potgietersrus Distrikslandbou Unie (DLU), geaffileer by TLU SA, in samewerking met CEOCO, CDT Crocs en Weber het die jaar 'n reuse rekord opgestel vir die gelyktydige braai van 1 000 stukkies krokodilkottelette op 50 Webers tydens die immergewilde Windpompfees.
MOKOPANE – Die groot braai is verlede Saterdag in die arena by Euphoria Gholflandgoed gehou waar Ockert Scherman (DLU, Voorsitter) en Floris Booysen (DLU, Ondervoorsitter) as woordvoerders opgetree het. Die braai is ‘n jaarlikse instelling en vorm deel van TLU SA se Have you eaten today–veldtog wat die breë publiek bewus maak van die rol van georganiseerde landbou in die land speel.
CEOCO het die netjiese swart voorskote, handdoeke en pette vir die helpers verskaf en Vaatjie van Toks en Chops het die voortou geneem en die braaiers touwys gemaak. Daar het sowat 100 mans en vroue van Potgietersrus DLU en hul vriende deelgeneem aan die rekordpoging.
Die feesgangers het heerlik aan die stukkies gesmul en die res van die vleis is aan liefdadigheid geskenk.



