Bosveld NewsLocal NewsNewsUpdate

Man erken skuld vir oord-aanval

Die verdagte wat Gillian Foster (44), 'n bestuurder van Bothania Hills-vakansieoord buite Mookgophong op 13 Maart in haar kantoor oorval het, het verlede Vrydag in die Mokopane Streekhof amptelik skuldig gepleit.

MOKOPANE – Boiki Motaung, ‘n werknemer by die oord, het glo Foster oorval en etlike kere met ‘n hamer geslaan. Die rede vir die aanranding word steeds ondersoek.

Volgens AO Barend van Wyk van die Naboomspruit Speurtak, het Motaung skuldig gepleit op drie aanklagtes, onder meer poging tot moord. “Magistraat Gerhard Pretorius het slegs die skulderkenning aangeteken by diefstal van motorvoertuig. Die ander twee aanklagtes naamlik poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer word steeds ondersoek.” Die saak is uitgestel na 23 Mei.

Nantes Kelder, traumaberader van Afriforum, het verlede Dinsdag aan Bosveld gesê dat Foster steeds aan geheueverlies ly.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button