Bosveld NewsNews

Skonergeslag geniet ‘n spoggerige ‘High-Tea’

Die skonergeslag van Mokopane het in hulle fynste juwele, handskoene, stringe pêrels en stylvolle hoede tydens die inter-kerklike 'High-Tea' by die Gereformeerde Kerk Potgietersrus gepronk.

MOKOPANE – Die dag was met pienk en wit vere, porselein, prag blomme, heerlike soet- en southappies en die klanke van Mozart ingekleur. Die tema het ‘n Victoriaanse gevoel na vore gebring en die tafels was ‘n toonbeeld van klassieke elegansie.

Die vrouens het in die feestelike atmosfees gesmul aan die keurige eetgoedjies terwyl hul pinkie in die lug hul tee asook ‘n glas sjampanje geniet het. Die susters van verskillende gemeentes en kerkverbande het bygedra tot die sukses van die dag.

Volgens Adrie Barnard, organiseerder, is die doel van die ‘High-Tea’ om aan Christen vroue die geleentheid te gee om op sosiale vlak te verkeer, maar ook om uit te ryk na mekaar. Met die geleentheid het die vrouens nuwe of selfs beter verhoudings opgebou of gevestig. Die belang van die vrou in die gemeenskap is erken en die groot rol wat vroue daarin speel is beklemtoon.

Die gaste het aandagtig na Karyna le Roux, ‘n oud-boorling van Potgietersrus (Mokopane), geluister terwyl sy hul vertel het van die rol van die Christen-vrou in vandag se samelewing en in die kerk.

Volgens Adrie heers daar reeds ‘n opgewondenheid oor die beplanning vir volgende jaar se funksie.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button