Kleuters vier Herfsfees met veelkleurige kostuums
Ouers van Werk en Wen Pre-primêre Skool het Vrydag hand bygesit om te verseker dat kleuters in veelkleurige kostuums uitgedos is vir die skool se jaarlikse Herfsfees wat vanjaar vir die sestiende keer gehou is. Die kleuters het as verskeie karakters, onder andere ‘n herfskersvader, bome en blomme opgedollie en aan worsbroodjies, melkkoffie en malvalekkers …
Ouers van Werk en Wen Pre-primêre Skool het Vrydag hand bygesit om te verseker dat kleuters in veelkleurige kostuums uitgedos is vir die skool se jaarlikse Herfsfees wat vanjaar vir die sestiende keer gehou is.
Die kleuters het as verskeie karakters, onder andere ‘n herfskersvader, bome en blomme opgedollie en aan worsbroodjies, melkkoffie en malvalekkers gesmul.
Monica Strauss, skoolhoof, het gesê dat die ouers met groot inisiatief na vore gekom het en dat hul insette tot die sukses van die geleentheid bygedra het.
Hoof foto: Elna Esterhuysen – Kleuters geniet Werk en Wen se Herfsfees. Narushka van Wyk, Anike Botma, Amélie Froneman en Jonel Verwey is voor, met Michelle Hugo, Nikita Kühnen Carol-Ann Botha, agter.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com






Mason Taylor, Gerhardo Wessels en Stefan Roets is te oulik uitgedos.







