Bosveld NewsNews

Geliefde inwoner (85) oorlede

Basil Forssman 'n boorling en geliefde inwoner van Potgietersrus (Mokopane) is 'n maand voor sy 86ste verjaarsdag na 'n dapper kankerstryd verlede Donderdag oorlede.

MOKOPANE – Forssman het in 1951 as ‘n klerk by die destydse Minnaar en Forssman Ouditeure vandag bekend as Forssman en Vennote begin werk en in ‘n japtrap naam gemaak in die bedryf.

Naas sy liefde vir sy familie was hy ‘n groot jaggeesdriftige en was hy vir jare lid van die Bosveld Jagters Vereniging. Hy sal altyd onthou word vir sy onvoorwaardelike liefde vir sy familie, sy opregte vriendelikheid en deurslaggewende rol wat hy in die gemeenskap gespeel het.

Forssman laat sy ses kinders, 11 kleinkinders en twee agterkleinkinders na. Die familie bedank almal vir hulle ondersteuning en omgee gedurende die hartseer tyd.

Sy begrafnis was 27 Mei (Vrydag)  vanuit die NG Moedergemeente op die hoek van Thabo Mbeki- en Krugerstraat gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button