Bosveld NewsLocal NewsNews

Vele Bosveldavonture

Om in die Bosveld te woon is nie vir sissies nie het Daleen van Zyl besef nadat sy eers deur 'n olifant gestormloop is, toe deur 'n spinnekop gebyt is en nou ook die "kiss of death" oorleef het nadat 'n swartmamba haar gepik het.

MOKOPANE – Daleen (54) wat sowat drie maande gelede hierheen verhuis het, vertel sy het verlede Woensdagoggend haar naaldwerksak gegryp oppad om haar vriendinne by ‘n koffiekroeg te ontmoet. Haar selfoon het in die motor gelui en toe sy haar hand in die sak steek om dit uit te haal, het ‘n verblindende pyn deur haar hand geskiet.

“Ek het aanvanklik gedink ‘n naald het my gesteek maar toe ek die sak nader trek het ‘n swart slang, wat besig was om te vervel, uit die sak geseil.”

Haar man het haar na dr. Jimmy van den Berg gehaas waar hy haar simptome konstant gemonitor het. Van Zyl vertel verder hulle het plaaslike slangkenner, Pieter Swanepoel, se hulp ingewin om die slang in haar kar te vang en te indentifiseer.

Swanepoel vertel hy en Wouter van Wyk het ‘n jong swartmamba in haar voertuig agter die paneelbord verwyder. “Wonderbaarlik was dit net ‘n droë-byt wat baie seldsaam is vir ‘n swartmamba,” sê Swanepoel. Swanepoel het Sondag die swartmamba in ‘n Natuurreservaat gaan vrylaat. Van Zyl is ‘n vurige stapper en as lid van die Potties-Atletiekklub het sy al talle medaljes ingepalm. Dit is juis tydens die Marakele wedloop vroeër vanjaar wat sy deur ‘n olifant gestorm is. Hier in Limpopo het sy waarlik haar Skepper leer ken.

“Ek gaan nie vinnig saam met my man by ‘n krokodilplaas kuier nie,” skerts sy.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button