Bosveld NewsNews

Internasionale bloedskenkerdag

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) vier op 14 Junie Wêreldbloedskenkerdag.

MOKOPANE – Dit is ‘n dag waarop daar internasionaal erkenning aan bloedskenkers gegee word.

Die tema vir Wêreld-bloedskenkerdag vanjaar is: “Bloed verbind ons almal”. Ten spyte van groot epidemies van aansteeklike siektes, het Suid-Afrika ‘n hoë graad van bloedveiligheid en ‘n betroubare bron van bloed dwarsoor die land gehandhaaf. Suid-Afrika is een van 65 lande in die wêreld wat ‘n honderd persent van ons bloed van vrywillige skenkers wat nie betaal word nie, ontvang. Die WGO se mikpunt is om alle lande teen 2020 te kry om hierdie model te aanvaar.

Die SANBD werk nou saam met gesondheidswerkers wat bloedoortappings doen om bewusmaking te verhoog oor die korrekte gebruik van bloed en dus vermorsing hiervan te verminder. Ten einde bloed veilig te hou, toets die SANBD daagliks elke eenheid bloed wat ingesamel word vir patogene wat MIV, Hepatitis B en C, en sifilis veroorsaak, almal algemene siektes in SA.

Vandag het die SANBD meer as 400 000 skenkers op hul databasis, en die getal groei steeds. Die verhoging word toegeskryf aan die feit dat die skenkersbasis oor die jare sodanig uitgebrei is dat die swart gemeenskap nou 38 persent hiervan uitmaak. Die SANBS word ook jonger want al hoe meer van die skenkers is jong mense.

Mokopane se inwoners kan gerus die bloedbank in die Mokopane Mall besoek en so betrokke raak by ‘n goeie saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button