NewsSchools

Lollos en Lettie kuier by kleuters

Lollos mag van ‘n ander planeet wees, maar Polo­kwane se kleuters dra hulle voortaan in hul aardse harte. Die Lollos-vertoning wat Saterdag aangebied is om kleuters in die stad te vermaak, was ‘n reuse sukses met ‘n gehoor van sowat 600. Suikerbekkie Kleuterskool het die joligheid by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé as fondsinsa­melingsinisiatief vir …

Lollos mag van ‘n ander planeet wees, maar Polo­kwane se kleuters dra hulle voortaan in hul aardse harte.
Die Lollos-vertoning wat Saterdag aangebied is om kleuters in die stad te vermaak, was ‘n reuse sukses met ‘n gehoor van sowat 600.
Suikerbekkie Kleuterskool het die joligheid by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé as fondsinsa­melingsinisiatief vir die skool aangebied.
Lollos bied energieke en unieke vermaak vir kinders in Afrikaans. Saam met Lollos is daar Lettie, sy maatjie van Lalaland, Disco en Carla. Gedurende hul lewendige vertonings word gedans en die kleinspan leer onder meer op ‘n prettige manier tel, opruim, gesond eet en meer van herwinning.
Daar is reeds sewe DVD’s en agt CD’s vrygestel deur die Lollos-span. Twee ma’s agter die sukses, Minki Burger en Alta Joubert het gevoel daar is nie genoeg moderne, kleurvolle en aktiewe vermaak vir die kleinspan nie en die res was geskiedenis.
Lize van Dyk, skoolhoof, sê die kleuters het die opvoering ongelooflik geniet en het heerlik saam gesing en gedans.

Hoof foto: Franzelle Linde speel met haar ouma.

Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet.observer@gmail.com

 

Quenè Storm is gereed en gepak vir Lollos.
Quenè Storm is gereed en gepak vir Lollos.
Lollos en Lettie van Lalaland.
Lollos en Lettie van Lalaland.
Zuliecke Oberholzer geniet elke oomblik terwyl sy saam met Lollos en Lettie dans.
Zuliecke Oberholzer geniet elke oomblik terwyl sy saam met Lollos en Lettie dans.
Foto’s: Leandri van Schalkwyk Chantè en Lamei de Wet met hul Lollos- en Lettiespeelgoed.
Foto’s: Leandri van Schalkwyk
Chantè en Lamei de Wet met hul Lollos- en Lettiespeelgoed.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button