Bosveld NewsCrimeNews

Twee keer in een week beroof

Shonalanga Milling in Beitelstraat vorm nou deel van die hoë misdaadsyfer in Mokopane nadat booswigte twee keer in een week by hulle ingebreek het en in totaal gereedskap ter waarde van ongeveer R110 000 gebuit het.

MOKOPANE – Die bestuurder van Shonalanga Milling, Jan Viljoen, vertel die eerste inbraak het verlede Dinsdagaand plaasgevind, waar verdagtes ‘n kabel ter waarde van R10 000 en van die sub-kontrakteurs op die terrein se gereedskap gesteel het.

Die verdagtes het verlede Donderdagaand wéér toegeslaan en die drie sub-kontrakteurs wat op die terrein bly net na 23:00 oorrompel. Volgens Viljoen het die booswigte die drie kontrakteurs op hulle beddens vasgebind en daarna toegang tot die gebou gekry deur ‘n gat in die dak te maak. Hulle het die alarmstelsel vernietig en binne etlike minute gevlug met duur gereedskap.”

Mokopane Polisiewoordvoerder, Sersant Irene Masingi, het Dinsdag aan Bosveld gesê: “Daar is tot op hede nog niemand in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button