BlogsLocal NewsNewsOpinion

Ouers moet oefeninge doen om baba te help rol

"Om te kan rol is 'n baie belangrike mylpaal vir enige baba," vertel Rika Terblanche, Babygym instrukteur

POLOKWANE –  “Dit het baie te doen met midlyn-kruising en is ook belangrik vir kruip.”

Rika sê dat dit belangrik is dat die baba uit die heupe rol en nie soos ‘n hout stomp omrol nie.

“Die baba moet leer om op sy sy te lê en dan sy arm uit te druk met die ondersteuning van sy elmboog en hande. Die baba moet vanuit die sit posisie kan keer as hy sou omval en dan die heupe oorbring.”

Rika vertel dat as die baba nie genoeg gemaseer word nie en sodoende nie die proprioseptore, of te wel ruimtelike orientasie, in plek het om te weet hoe hy lyk en wat sy posisie is nie, sal die rol-aksie nie in plek wees nie.

“Wanneer ‘n kind soos ‘n stomp rol, rol hy ongesegmenteerd. Dit wil sê hy het geen middellyn-kruising nie, wat veroorsaak dat hy op skool gaan sukkel om te skryf. As die kind nie kan rol nie, is kruip ook moeilik vir hom. Kinders sukkel met koordinasie wat dan konsentrasie probleme veroorsaak.”

Iika sê rol is ‘n refleksiewe mylpaal. Ouers moet hul baba help om te rol en sodoende vir hom ‘n spiergeheue bou van sit en omrol. Om hom te help om reg om te rol moet jy sy linkerarm vat en sy regterbeen effens lig en dan liggies oor die regter been gooi.

“‘n Baba wat nie saam met sit kan rol nie, val makliker om. Wanneer die kind nooit reg leer rol het nie, val hy makliker om. Hulle moet leer om na altwee kante, regs en links, te kan rol. As hulle net een kant toe rol, is daar iets verkeerd,” verduidelik sy.

Review het ook met Bonay van der Schyff, ma van die 10 maande oue Alyssa gesels oor hul ervaring met rol.

“Alyssa het haar bene begin swaai op twee en ‘n half maande. Die masering terapie by Rika Terblanche het baie gehelp. Die swaai aksie was in voorbereiding vir rol. Alyssa het net voor sy vier maande oud was op haar eie gerol. Dit was vir bykans ‘n maand haar manier van beweeg. As jy weer sien is sy aan die ander kant van die vertrek.”

Bonay van der Schyff saam met haar dogter, Alyssa.
Bonay van der Schyff saam met haar dogter, Alyssa.

 

maretha@nmgroup.co.za

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button