NewsSchools

Honde-eenheid by Akademie Reformia

Leerders van Akademie Reformia was in vir 'n groot verrassing toe die polisie vir hulle kom kuier het.

POLOKWANE – Die polisie honde-eenheid het op Dinsdag, 14 Junie vir Akademie Reformia kom kuier waar hulle interessante lesse vir die kinders geleer het.

Eerste was die leerders verras deur die polisiehelikopter wat ‘n draai om hul sportvelde gemaak het, toe was die leerders verder bederf deur Eugene Grobbelaar en Rudi Barwise wat hul honde gebring het om vir die leerders te wys wat die honde-eenheid vir die polisie doen.

Leerders kon getuig hoe die honde plofstof en klein hoeveelhede bloedmonsters uitsoek, terwyl die twee polisiemanne die belangrikheid van die polisie-eenheid aan hulle verduidelik het.

calvyn@nmgroup.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button