Bosveld NewsNews

Federasie dankbaar vir skenking

Die Suid-Afrikaanse VroueFederasie (SAVF) het verlede Woensdag 'n reuse skenking van klere en skoene vanuit die gemeenskap met ope arms verwelkom.

MOKOPANE – Marcelle Maritz (Hooforganiseerder van die Vryheidsfront Plus in Limpopo) en Natashia Venter, (VF+ kandidaat vir wyk 16), het die SAVF se pleidooi gehoor en te danke aan die barmhartige donasie van die gemeenskap het hulle ‘n bakkievrag goedere aan die SAVF geskenk.

Corlet Briel van die SAVF vertel hulle missie is om as nasionale welsynsorganisasie maatskaplike dienste aan individue en gesinne binne die gemeenskap te lewer ten einde hulle te bemagtig om ‘n verskil in hulle lewenskwaliteit teweeg te bring.

“Sonder die hulp van vrywilligers, bydraes en donasies van die gemeenskap is dit moeilik om dié missie na te streef.”

Die SAVF bedank Maritz, Venter en die gemeenskap vir die welkome skenking.

Briel doen ‘n beroep op die gemeenskap om opnuut hande te vat en saam met die SAVF te werk om ‘n verskil in ander se lewens te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button