Fietsbande gaan sing vir liefdadigheid
Vir 18 fietsryers is dit Saterdag vroeg uit die vere wanneer hulle die langpad na die Groblersbrug aanpak.
MOKOPANE – Die ryers spring Saterdag net na sewe die oggend by die N.G. Hulp en Hoop Gemeenskapskerk weg om geld in te samel vir die Abraham Kriel Kinderhuis op Modimolle.
Ds. Jacques Erasmus, leraar van die gemeente, sê ‘n afstand van sowat 316 km gaan in aflosse voltooi word.
Die fietsryers, almal lede van die gemeente, word per kilometer geborg en die fietsbande gaan behoorlik sing op die langpad met die aanmoeding van vriende, familie en mede-kerklede.
Erasmus sê die ryers het vroeër vanjaar die Midmar Myl in Kwazulu-Natal gaan swem om geld in te samel vir die jong kankerlyer, Hekkie Grobler (12).
Enigeen wat die fietsryers wil borg kan die kerkkantoor soggens by (015) 491 3537 skakel.
redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za



