Bosveld NewsNews
Uitstalling toon vele talent
Kunskoors het hooggeloop tydens die kunsuitstalling waar die talentvolle leerders van die Art School verlede Woensdagaand hulle werke by die Johann Koch Gallery ten toon gestel het.
MOKOPANE – Die kunstenaars se kreatiewe talent het teen die mure gepronk met ‘n kort opsomming geskryf deur hulle begaafde leermeester, Inneke van der Walt, van elkeen se uitmuntende eienskappe. Toeskouers het aan ‘n glasie sjerrie geteug terwyl hulle die kunswerke van nader kon beskou.
Van der Walt sê sy wil graag elke leerder help om hulle unieke potensiaal ten volle te bereik. “Dit is vir my ‘n riem onder die hart om elkeen se groei te aanskou.”
Vir die leerders het die kleurvolle geleentheid op ‘n soete noot afgesluit met die beloning van ‘n verrassingspakkie.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!









