Hofsaak teen ses oor renosterstroping uitgestel
Die ses verdagtes wat verlede Woensdag in die Polokwane Landdroshof op aanklag van renosterstroping in die Polokwane Wildreservaat verskyn het, se saak is tot later vandeesmaand uitgestel. Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto kon nie die name van die verdagtes verskaf nie en het gesê die saak is tot later vir verdere ondersoek uitgestel. Vyf van die …

Die ses verdagtes wat verlede Woensdag in die Polokwane Landdroshof op aanklag van renosterstroping in die Polokwane Wildreservaat verskyn het, se saak is tot later vandeesmaand uitgestel.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto kon nie die name van die verdagtes verskaf nie en het gesê die saak is tot later vir verdere ondersoek uitgestel. Vyf van die verdagtes is van Giyani en die ander een is ‘n plaaslike inwoner.
Polokwane Observer het verlede week berig dat twee van die ses verdagtes enkele dae na die voorval aangekeer en ondervra is. ‘n Intensiewe ondersoek en deeglike ondervraging het die polisie na die ander verdagtes gelei. Die skurke het ‘n koei en ‘n kalf tydens die stroping doodgeskiet en beide se horings uitgekap. Die koei se spene en oë en die kalf se stert en ‘n stuk vel is ook verwyder.
Daar is ook verneem dat al die renosters in die reservaat ongeveer twee weke gelede onthoring is. Die derde renoster wat deur die vermeende stropers gewond is, het ook intussen gevrek.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



