Bosveld NewsNews

Kierieklapperpret van vroeg tot laataand

Die KierieklapperKunstefees is nou in volle gang.

MOKOPANE –  Die feeshekke is soggens om 09:00 oop en die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes nooi die hele gemeenskap om saam te kom kuier op die feesterrein by Hoërskool Piet Potgieter.

Daar is talle stalletjies met heerlike eet – en drinkgoed en hope pret vir die jongklomp. Vanaand tree Brendan Peypers om 19:00 op die buiteverhoog op en daarna die gewilde vrouegroep, SAARKIE. Liz Meiring is om 19:00 in die skoolsaal met haar opvoering Langpad  & Lipstieks. By die ingang na die terrein is die pretpark waar daar tot laataand gekerjakker kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button