Bosveld NewsNews

KKKF onder vergrootglas

Die KierieklapperKunstefees (KKKF) het vir vier dae se pret gesorg, maar ook gewys daar sal indringend herbesin en nuut gedink moet word om die voortbestaan daarvan te verseker

MOKOPANE – Die fees is die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se grootste fondsinsamelingsprojek wat verseker dat die deure van die sentrum oop bly vir al die bejaardes van die dorp.

Vanjaar se fees is nie so druk besoek soos in die verlede nie en verskeie faktore het daartoe bygedra soos die erge koue saans wat verhinder het dat al die stoele vol was met van die top kunstenaars se optredes. Daarby het van die stalletjie-eienaars gekla oor die duur toegang wat hulle verkope beïnvloed het. Feesgangers het ook aan Bosveld gemeld dat die toegang te duur is vir ‘n hele gesin om saam die fees te besoek omdat daar nog betaal moet word vir die pretaktiwiteite en eet- en drinkgoed.

Wimpy Engelbrecht, nuwe bestuurder van die Dienssentrum, sê die bestuurspan en komiteelede gaan Maandag koukus en koppe bymekaar sit om te beraadslag wat die plan vorentoe is.

Hy bedank almal wat die fees kom ondersteun het en wys ook op die onkoste wat aangegaan word om die fees bymekaar te sit soos goeie klank wat ‘n vereiste is en om die top kunstenaars hier te kry is ook nie goedkoop nie.

“Die ekonomie het definitief ‘n invloed en daarom is dit belangrik om nou reeds oordeelkundig te begin beplan vir volgende jaar se fees, sê Engelbrecht.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button