Lentefees bied hope geleentheid om pryse los te slaan
Daar is geen beter manier om die warm somerson te verwelkom as by die Summer Star Spring Festival wat Saterdag by die weermagbasis se sportterrein plaasvind nie. Die geleentheid beloof groot opwinding en sluit skoonheids-, talent-, dans- en potjiekoskompetisies in. Ongeveer R150 000 se pryse kan in die skoonheidkompetisies beskikbaar gestel. Stalletjies met handgemaakte items …

Daar is geen beter manier om die warm somerson te verwelkom as by die Summer Star Spring Festival wat Saterdag by die weermagbasis se sportterrein plaasvind nie.
Die geleentheid beloof groot opwinding en sluit skoonheids-, talent-, dans- en potjiekoskompetisies in. Ongeveer R150 000 se pryse kan in die skoonheidkompetisies beskikbaar gestel.
Stalletjies met handgemaakte items asook eet- en drinkgoed is deel van die verrigtinge. Plaaslike sangers sal hul slag op die verhoog wys en ‘n karaokesessie bied aan elkeen wat hul stem wil laat hoor, kans om in die kollig te baai.
Organiseerder, Sterretjie Beukes sê die skoonheids- en talentkompetisie begin om 11:00 met die prysuitdeling om 14:00. Daar is ook kategorieë vir getroude vrouens, oumas en ‘n Mnr Boepenskompetisie wat vir groot pret sal sorg. Die tema van Mnr en Mej Summer Star is ‘Weird and Wonderful’ en deelnemers aan die Mev Summer Star-, ouma- en Mnr Boepenskompetisies kan gemaklik aantrek.
Inskrywings het reeds gesluit, maar laat inskrywings is steeds welkom teen R300 per inskrywing. Belangstellendes kan Beukes by 082 407 8924 skakel.
Die toutrekkompetisie begin om 14:30 gevolg deur die beoordeling van die potjiekoskompetisie om 16:30. Die aandprogram wat plaaslike sangtalent, ‘n danskompetisie en karaoke insluit, begin om 18:00.
“Geen oop vure, vuurwapens of alkohol sal toegelaat word nie en daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar,” sê Beukes.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



