Boosdoeners val paartjie en hul werkenemers aan
Hulle het die man in sy tuin so om 20:00 oorval.

LIMPOPO – ‘n Bejaarde egpaar is Dinsdagagaand op hulle kleinhoewe buite Mookgophong deur drie gewapende verdagtes oorval.
Ben Engelbrecht van die Heritage Protection Group (HPG) vertel dat die rowers toegang tot die egpaar se erf verky het deur oor die pallasade heining te klim. Hulle het die man in sy tuin so om 20:00 oorval en vasgebind en sy vrou en sekuriteitswag oorrompel toe sy by die huis stop.
AO Barend van Wyk sê vier werknemers asook die wag is saam met die egpaar vasgebind.
“Hulle kon eers teen 03:00 vanoggend (Woensdag) daarin slaag om hulselfs los te kry en toe het hulle om hulp geskakel,” verduidelik Engelbrecht.
Volgens Engelbrecht het hulle die vrou deur die gesig geslaan en beide die man en vrou ly aan skok. Die verdagtes het onder andere ‘n televisie en drie selfone gebuit.
HPG het die verdagtes se spore tot by die teerpad gevolg, waar hulle toe in ‘n voertuig gevlug het.
AO van Wyk sê ‘n deeglike ondersoek duur voort.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za




