PLS se eie nagtegaal
Kaylyn Botha van Laerskool Pietersburg (PLS) is 'n uitblinker met 'n pragtige stem en sakke vol talent.
POLOKWANE – Sy het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Talentkampioenskap (SATCH) in Pretoria deelgeneem waar sy talle toekennings en ‘n algehele silwer (80%+) vir haar optredes in die 11 tot 13 ouderdomsgroep opgeraap het.
Prestasies wat sy tydens die kampioenskap behaal het:
• Afrikaans solo – silwer mer 82% en behaal die 24ste plek.
• Christelike solo – silwer met 82 % en behaal die 24ste plek.
• Kontemporêre solo – silwer met 83% en behaal die 24ste plek.
• Oop solo – silwer met 83% en behaal die 38ste plek.
• Pop solo – silwer met 80% en behaal die 51ste plek.
• Broadway solo – goud met 87% en behaal die 10de plek.
SATCH is ‘n kompetisie wat leerders die geleentheid gee om hul talent in vyf verskeie velde, dans, sang, instrumentaal, drama en modelwerk, te ontwikkel. Die kompetisie gee aan die leerders die geleentheid om nasionale erkenning vir hul talent te kry.



