Local NewsNews

Jong man in hof oor dwelms

Die 20-jarige Adriaan Smit wat ongeveer twee weke gelede in Sterpark vir die besit van dwelms aangekeer is, het verlede Woensdag in die Polokwane landdroshof verskyn waarna die saak tot Desember uitgestel is. Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba kon egter nie bevestig of Smit op borgtog vrygelaat is nie. Die arrestasie is gemaak nadat ‘n vermis­te …

Die 20-jarige Adriaan Smit wat ongeveer twee weke gelede in Sterpark vir die besit van dwelms aangekeer is, het verlede Woensdag in die Polokwane landdroshof verskyn waarna die saak tot Desember uitgestel is.
Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba kon egter nie bevestig of Smit op borgtog vrygelaat is nie.
Die arrestasie is gemaak nadat ‘n vermis­te meisie in die woonstel gevind is waar Smit daarna in hegtenis geneem is nadat hy met dwelms betrap is.
Daar is op verskeie sakkies dwelms, onder meer kokaïen en dagga, beslag gelê. ‘n Selfgemaakte dwelm­pyp en verskeie leë sakkies is ook gevind.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Verskeie dwelmverwante items is gekonfiskeer. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button