Bosveld NewsLocal NewsNews

Goedkoper diesel ‘n werklikheid

Terwyl boere gebukkend gaan onder die ergste droogte in meer as 20 jaar het TLU SA onlangs in 'n mediaverklaring die goeie nuus rakende die verlaging van dieselprys gedeel.

LIMPOPO – Volgens die verklaring is ‘n unieke ooreenkoms vir die verkryging van goedkoper diesel wat by pompe aangekoop word deur Kiaranix en Business Innovations met TLU SA gesluit wat die alleenreg het om dit in die landbou waardeketting bekend te stel. Dit is net van toepassing op sekere leweransiers naamlik Shell en Engen regdeur die land. Dit is ‘n welkome geskenk in die jaar wat TLU SA 120 jaar oud word, sê Louis Meintjes, TLU SA President.

Meintjes het dit beklemtoon dat boere weinig aan die mark kan doen met dié dat hul prysnemers is. Aan die insetkoste kant is daar egter aspekte wat aangespreek kan word ten einde winsgewendheid te bevorder. Hierdie is een so saak.

‘n Besparing van 70c per liter word verkry deur die dieselkaart wat deur TLU SA bestel kan word te gebruik vir dieselaanvulling. Op hierdie stadium is daar nie ‘n voordeel vir massa-lewerings wat op die plase gedoen word nie. Op bande en ander produkte by Supa Quick en TrenTyre kan ook afslag van tussen 37% en 58% gekry word.

‘n Baie eenvoudige proses maak die proses baie verbruikersvriendelik.

Ten einde meer inligting te bekom sowel as om te registreer kan enige van die ondergenoemde agente wat ge-FICA is gekontak word om ook u besparings in werking te kan stel. WDH (Wilma) Prinsloo kan by 082 555 4553 of (015) 293 9804 gekontak word of stuur haar ‘n e-pos by wilma@ntlu.co.za of kontak EP (Izelle) Enslin/Jacobs by 082 338 6601 of stuur haar ‘n e-pos na pietersburgdlu@gmail.com.

Die aansoekvorms is ook beskikbaar op TLU SA se webblad by www.tlu.co.za. Die voltooide vorms moet dan aan die naaste agent gestuur word. TLU SA lede kan aansoek doen om as agente geakkrediteer te word.

Vir algemene navrae kan Anne-Marie gekontak word by TLU SA se hoofkantoor by (012) 804 8031.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button