Local NewsNewsSchools

Oornag deel van Oosskoolfamilie

James was 'n dag voor die skole oopgemaak het in kennis gestel dat hy die pos gekry het.

POLOKWANE – Aan die begin van die nuwe skooljaar het die Osiegemeenskap sommer ook met ‘n nuwe adjunkhoof (buite-kurrikulêr) kennisgemaak: James Steele.

Maar vir hom en sy gesin was die eerste skoolweek behoorlik op sy kop – hy is ‘n dag voor die skole oopgemaak het in kennis gestel dat hy die pos gekry het.

Deesdae sien hy darem die humor in dié situasie, as hy van al die holderstebolder vertel.

“Ek het my vrou, Sonja, en ons twee kinders het die Dinsdag van Centurion af gery om ons nuwe kollegas te ontmoet, en ‘n dag later was ek in die stoel.

“Dié pos was vir ongeveer drie jaar nie gevul nie en die werk was onder ‘n verskeidenheid personeellede verdeel. Ek is baie opgewonde oor die werk wat vir my voorlê.”

Die egpaar is albei oorspronklik van Mokopane, en bly om na al die jare terug te wees in Limpopo.

Hulle families woon in Polokwane en dus kan die kinders nou meer gereeld by familie kuier.

Steele se pad in die onderwys loop reeds ver: “Ek het B.Ed studeer en is net daarna by Laerskool Wierdapark aangestel waar ek kuns en kultuur, asook wiskunde aangebied het vir gr.4 tot gr.7. Nou gee ek lewensvaardighede ook, dit is soos die vorige vak, lewensoriëntasie. Sonja is ook by Oosskool aangestel. Ons is baie opgewonde oor ons toekoms hier. My pos is ‘n bevorderingspos en dit is beslis ‘n goeie skool.”

Steele vertel dat hy verantwoordelik is vir al die sport- en kultuuraktiwiteite. Hy is self sportief en speel gholf in sy vrye tyd.

“Ek sal ook help met die rugby en krieket. Ek het op skool aan al die sportsoorte waaraan ek moontlik kon deelneem, deelgeneem.”

Alhoewel die pos vir hom ‘n groot uitdaging bied, sê hy hy en sy gesin is baie entoesiasties om deel te wees van die Osiefamilie.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button