NewsSchools

Adam se kennis is wyd én goed

Adam Pieterse van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het homself as algemenekenniskoning bewys toe hy onlangs 98% in die Media24 algemenekenniskompetisie behaal het.

POLOKWANE – “Daar was 50 vrae en dit was glad nie moeilik nie en ‘n mens kry vooraf die materiaal waaruit jou kennis getoets gaan word. Daar is vrae oor alles, van sport tot geskiedenis,” vertel hy.

Adam het ‘n groot liefde vir lees en geniet veral boeke oor Europese geskiedenis en wetenskapsfiksie.

Wiskunde is sy gunsteling vak en hy spog trots dat hy altyd bo 85% vir sy vakke kry.

“Ek wil graag eendag ‘n argeoloog word omdat ek dié rigting besonder fassinerend vind. Ondanks hoe dit mag klink het ek nie altyd my neus in ‘n boek nie en speel ek graag tennis of kyk ‘n fliek saam met my vriende.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button