NewsSchools

Nuwe klasse vir Suidskool

Leerders en personeel van gr. R tot gr. 2 het die jaar onlangs in hul nuwe klasse afgeskop by Laerskool Pietersburg (Suidskool).

POLOKWANE – Die klasse is na byna 10 jaar se wag voltooi en ingebruik geneem deur die leerders en onderwysers.

“Ons is baie dankbaar dat ons uiteindelik met konstruksie kon begin, en ook vir die Departement van Onderwys se samewerking om die projek goed te keur en in hul begroting in te sluit. Ons weet daar is groot nood in ander dele van die provinsie,” vertel hoof van die skool, Peet Bredenkamp.

12 nuwe klasse vir PLS is klaar gebou en maak reeds deel uit van die nuwe jaar se leerkragte en leerders. Inlas: Konstruksie by die nuwe gr. R en gr. 2 klasse is voltooi en die personeel en leerders het reeds ingetrek.

Skole regoor die stad voel die druk elke begin van die jaar wanneer honderde leerders nie plek gegee kan word weens ‘n probleem van te veel leerders in een klas.

Bredenkamp sê die skool is reeds van 2005 af besig met briewe aan die departement opgevolg deur verskeie vergaderings vir die klasse, “Ons wil seker maak dat leerders beter onderrig ontvang,” vertel Bredenkamp.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button