Local NewsNews

Pure avontuur in buitelug

Altesaam 20 lede is onlangs met ‘n Wagon Trail Shuttle aangery na die privaat plaas vir ‘n naweek se avontuur in die buitelug.

Kleilatgooi, moddergevegte en swem in die skone natuur was als deel van die Voortrekkers Kameeldoring se kommandokamp op ‘n wildsplaas buite die dorp.

Altesaam 20 lede is onlangs met ‘n Wagon Trail Shuttle aangery na die privaat plaas vir ‘n naweek se avontuur in die buitelug. Die aand het afgeskop met ‘n nagskattejag en Saterdag is verskeie bome, plante en insekte in die natuur geïdentifiseer. Die kinders het ook waterspeletjies geniet en ‘n wildrit onderneem.

Die heerlike warm weer het bygedra dat die kinders in die water kon afkoel. Inlas: Van die penkoppe, drawwertjies en offisiere in die waterpoel waar daar geswem en kleilat gespeel is. Foto’s: Verskaf

Toe die donker nader kruip kon elkeen hulle eie pizza maak en daar is onder die sterre geslaap.
Die Voortrekkers sê dankie vir die eienaars van die plaas, asook J&S Slaghuis, Klipspringer slaghuis, Wagon Trails Tours, Impala Grain, TV Tech.

Laataand het elkeen kans gekry om sy eie pizza te maak.

Roché Jooste en Russel Strauss wat verlede jaar voorslag gedoen het en goud en silwer behaal het, gee die redes waarom die so lekker is om lid van die Voortrekkers te wees:
• Altesaam 49% van die jeug in dieselfde ouderdomsgroep is bekommerd oor die toekoms van die Christelike geloof in Suid-Afrika. By die Voortrekkers word die Christelike geloof of verhouding met God en Christelike lewenswaardes uitgeleef.
• Die Voortrekkers help ons om te baklei vir Afrikaans, ons moedertaal en om ‘n verskil in ons land te maak.
• By die Voortrekkers word jou leierspotensiaal ontwikkel.
• Hier leer jy om in ‘n span saam te werk ook waar lede van die teenoorgestelde geslag by is.
• Altesaam 75% van die jeug in dieselfde ouderdomsgroep is daarvan oortuig dat Afrikaans ‘n amptelike landstaal moet bly en die Voortrekkers bevorder dit.
• Verskeie belangrike lewensvaardighede rus lede toe vir die toekoms en dit gaan gepaard met avontuur en pret.

Die Voortrekkers vergader elke Dinsdag 17:00 tot 17:45 in die lapa by Laerskool Krugerpark, maak gerus daar ‘n draai of kontak Frikkie Grobler by (071) 435 3626 of Ronel Jooste (082) 315 4019 vir meer inligting.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button