Leerders van Tom Naudé wat goed gevaar het in die Afrikaanse Ekpso. Voor is: Tianie Maritz, Nico Taute en Juan Krüger. Agter is: Wynand Bezuidenhout.
POLOKWANE – Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Woensdag hul akademiese prysuitdeling gehou waartydens leerders vereer is vir hul prestasies in 2016.
Elke klas se top 10 leerders is ook aangewys.
Chris Viljoen verwerf die Erzet-Trofee vir die beste akademiese prestasie in wiskunde en wetenskap.
Chris Viljoen verwerf die Erzet-Trofee vir die beste akademiese prestasie in wiskunde en wetenskap.Die gr.11 groep van 2016 se top 10. Voor is: Chris Viljoen, Armich Lettering, René van der Merwe, Ignatius Rademeyer en Lisa Schoeman. Agter is: Mpho Makaleng, Johan Potgieter, Ronay Delport, Chuma Thinta en Thibedi Khomotso.
Hy verwerf ‘n sertifikaat vir verdienste met 81% en vyf onderskeidings in lewensoriënterings, Engels eerste addisionele taal, ingenieursgrafika en ontwerp, wiskunde en elektriese tegnologie.
Ook kry hy vakpryse vir lewensoriëntering, elektriese tegnologie, wiskunde en deel die vakprys vir ingenieursgrafika en ontwerp.
Hy behaal ‘n sertifikaat vir uitsonderlike prestasie met AD Maths waar hy 64% behaal.
Die gr.9 groep van 2016 se top 10. Voor is: Divan Pieterse, Tshegofatso Waleng, Andri Cronjé en Morné Khan. Agter is: Roeline van Breda, Hendrik Spies, Maditsi Mojapelo, Tumisho Segwale en Lucille Markgraaff.
Chris verwerf ‘n silwer medalje met ‘n gemiddeld bo 80% in gr. 10 en gr. 11. Hy verwerf ook die Tommiemedalje vir die beste akademiese prestasie in gr. 11 gedurende 2016.
Die gr.8 groep van 2016 se top 10. Voor is: Maggie Makwela, Bevan Collins, Oarabile Mamashela en Mia Dirks. In die middel is: Mosima Maboya, Werner Pieterse, Kgobe Mashau en Anja Potgieter. Agter is: Toko Hlungwana en Michayla Mackie.
Leerders wat deelgeneem het aan die Afrikaanse Ekspo 2016 is ook vereer met hul toekennings. Tianie Maritz is aangewys as nasionale kategoriewenner in idiome.
Sy het erekleure behaal. Juan Krüger behaal erekleure in radikale redenaars, asook ‘n algehele derde plek in die nasionale kompetisie.
Die gr. 10-groep van 2016 se top 10. Voor is Tebogo Makgabo, Ryno van der Merwe, Miguel Vilar, Tyrique Kotzé en Makgobo Legodi. Agter is André Kleynhans, Tebogo Mathale, Michelle Mensah en Johanita Cilliers.
Nico Taute behaal erekleure, asook ‘n tweede plek, in die nasionale kompetisie in die koppe kategorie.