PHS in eerste ronde van Tuks Skolereeks
Die pawiljoene was Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) met toeskouers gepak wat die eerste ronde van die jaarlikse Tuks Skolereeks teen Hoërskool Eldoraigne ondersteun het. Met die wintersportseisoen wat nou in volle swang is, het gesonde sportmangees die kragmeting op die rugby- en hokkieveld sowel as die netbalbaan gekenmerk. ‘n Totaal van 34 wedstryde is …

Die pawiljoene was Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) met toeskouers gepak wat die eerste ronde van die jaarlikse Tuks Skolereeks teen Hoërskool Eldoraigne ondersteun het.
Met die wintersportseisoen wat nou in volle swang is, het gesonde sportmangees die kragmeting op die rugby- en hokkieveld sowel as die netbalbaan gekenmerk.
‘n Totaal van 34 wedstryde is gespeel waarvan die Pieties 17 gewen, 12 verloor en vier gelykop gespeel het. Die eerste seuns- en meisiehokkiespan het beide met 3-1 geseëvier met die o.14A-meisies het ‘n uitnemende sewe doele teenoor Eldoraigne se nul aangeteken.
Op die netbalbaan het die meisies vyf wedstryde verloor en sewe gewen met die eerstespan wat die aftog met ‘n eindtelling van 13-34 moes blaas. Die eerste rugbyspan het ook teleurgestel met ‘n 10-26 loesing terwyl die o.14A- en -B- en 16A-met wegholseges van 55-0, 43-0 en 58-0 gespog het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Die uitslae van die eerste ronde in die Tuks Skolereeks wat Hoërskool Pietersburg (PHS) teen Hoërskool Eldoreigne gespeel het. PHS se telling word eerste aangedui.
Hokkie
Seuns
o.14 1-1
o.15 1-2
o.16 1-1
Tweedespan 0-1
Eerstespan 3-1
Meisies
o.14A 7-0
o.14B 2-1
o.15A 2-0
o.15B 2-2
o.16A 3-0
o.16B 2-1
Tweedespan 3-0
Eerstespan 3-1
Netbal
o.14A 14-16
o.14B 18-11
o.14C 16-2
o.15A 11-28
o.15B 7-37
o.15C 10-13
o.16A 18-31
o.16B 9-21
o.17A 15-19
o.17B 24-4
Tweedespan 17-9
Eerstespan 13-34
Rugby
o.14A 55-0
o.14B 43-0
o.15A 10-29
o.15B 3-10
o.16A 58-0
o.16B 12-7
Derdespan 5-26
Tweedespan 17-17
Eerstespan 10-26















