Amnestietyd vir wapens bekend
Vuurwapeneienaars kry van 1 April tot 20 September kans om onwettige wapens by die polisie te gaan indien.
MOKPANE – Dit volg nadat die regering ‘n amnestietydperk aangekondig het waartydens Suid-Afrikaners onwettige vuurwapens in hulle besit, by die polisie kan indien.
Rudi Kruger, eienaar van Arms & Ammo meen die regering stel ondeurdagte wetgewing op en dit is nie tot die voordeel van wetgehoorsame burgers nie.
Hy wys daarop dat vuurwapeneienaars dalk net een keer ‘n jaar hulle wapens uit die kluis haal om te gaan jag.
Dit word weer gebêre en dan nagelaat om die lisensie te gaan hernu.
Volgens die wet is daardie wapen wat se lisensie verval het is dan onwettig. Hy meen as jou motorlisensie verval het, is jou voertuig nie onwettig nie en word dit nie gekonfiskeer nie.
Kruger sê hy is ten gunste van onwettige wapens wat ingedien word wat in ‘n kluis lê en geen doel dien vir die eienaar, of wapens wat deel is van ‘n boedel en geen waarde het vir die erfgenaam nie.
Hy raai vuurwapeneienaars aan om wapens wat onwettig, ongelisensieerd is en geen doel dien te gaan inhandig. Dit is ook goed om dalk eers kundige raad in te win voordat jy jou wapen opgee.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za




