Louise Groenewald van Naboomspruittak ontvang die trofee vir die mees verdienstelike kuns. Ria Strydom is saam met haar.
Die Vroue Landbou-unie se Soetdoringstreek het verlede Donderdag hul 16de konferensieby die N.G. Hulp en Hoop Gemeente gehou waar talle lede van die streek beloon is vir hulle toewyding en harde werk verlede jaar.
Lilian Weber, (Streekvoorsitter) was aan die woord, asook Martie Janse van Rensburg, Soetdoring se Sekretaresse wat almal verwelkom het. Leanda le Cornu (President van VLU Noord) het met die vroue gesels en Amy van Deventer was die gaskunstenaar op die dag.
Lilian Weber (links) en Aletta Havenga (regs) oorhandig die trofee vir top lid van die jaar” aan Ina Joubert van die Modimolletak.
Marié Fourie oorhandig die Skakeltrofee aan Annelie Ehlers wie as skakelbeampte van die jaar aangewys is.
Marici Welding, van die Potgieterus Aandstertak, het die trofee vir mees verdienstelike borduurwerk opgeraap. Saam op die foto is Ria Strydom.
Michelle Lewis, van die Bela-Belatak ontvang haar prys vir die mees verdienstelike handvlyt. Ria Strydom oorhandig die toekenning.
Hester Small is aangwys as die algehele lidwenner op provinsiale vlak. Wilna van den Heever doen die oorhandiging.
Die trofee as algehele lidwenner op streeksvlak is aan Marié Fourie (links) oorhandig deur Marietha Eckardt.
Ria Strydom oorhandig aan Bets Viljoen (regs) van die Mokopane die sertifikaat vir die mees verdienstelike breiwerk.
Die VLU se Potgietersrustak het met die louere weggestap as die tak van die jaar, met Mookgophong in die tweede plek en Modimolle derde.