Bosveld NewsLocal NewsNews

Lim adviseurs geprys

Altesaam veertien adviseurs van Sanlam is onlangs genooi na ‘n toekenningsgeleentheid waar hulle erkenning vir hulle werk gekry het.

MOKOPANE – Willem Barnard, Besigheidsbestuurder van Sanlam Limpopo, sê Sanlam Limpopo se benadering tot die gee van advies is gegrond op kliëntegerigtheid, toepaslike en professionele advies om sodoende kliënte se toekomstige behoeftes aan te spreek.

“Versekerings- en beleggingsprodukte is welvaartskeppers en daarom is dit van uiterste belang om seker te maak dat ons adviseurs ten volle toegerus is om aan ons kliënte die regte en toepaslike produkte te verkoop wat welvaart vir hulle en hulle afhanklikes sal skep.”

Toekennings word slegs gegee aan adviseurs wat in die verskillende afdelings gedurende die bemarkingsjaar aan die produksie norms en standaarde voldoen het.

Ander individuele toekennings wat ook oorhandig was is soos volg:
• Sanlam kollektiewe beleggings wenner – Linda Prinsloo
• Glacier kampioen Limpopo – Walter Fraser
• Algehele beleggings kampioen – Dorothy Davies
• Meer as 15 Sanlam polisse per maand – Dorothy Davies
• Merietetoekenning vir nuweling vordering – Hendrik Marais
• Sanlam Limpopo risiko nuweling kampioen – Jan Hendrik Jacobs.

Die volgende 14 adviseurs van Limpopo het vir die Streekskomkamp (Kompetisie vir Kampioene) gekwalifiseer: Titus Shitlhangu, Rico Honeycomb, Walter Fraser, Christopher van der Westhuizen, Elmien Lottering, Zagonell van der Walt, Renate Filipe, Edith Marx, Anshe Kruger, Lourens Greyling. Agter is Chantelle Coetzee, Dorothy Davies, Kobus McCabe. Afwesig: Wally Fraser en Johan Bothma

 

NFA BlouSter van Musina het gekwalifiseer as Limpopo BlouSter van die jaar. Hier is Christopher van der Westhuizen, Suzette McCabe. Kobus McCabe, Freek Clifford en Hendrik Marais om die toekenning te deel.

 

Agt Limpopo adviseurs het vir die Falcon (Valke) Klub gekwalifiseer en hulle is soos volg: Merion Nnzwobi, Zagonell van der Walt, Christopher van der Westhuizen, Chantelle Coetzee, Jan Hendrik Jacobs, Hendrik Marais, Pieter van Niekerk en Johan Esterhuizen.

 

Elmien Lottering oorhandig die trofee vir Sanlam Limpopo senior kampioen aan Dorothy Davies. Saam op die foto is Keith Davis en Willem Barnard.

 

Die SFA Limpopo top 10 is soos volg: Edith Marx, Renate Filipe, Anshe Kruger, Kobus McCabe, Dorothy Davies, Walter Fraser. Afwesig: Wally Fraser en Johan Bothma.

 

Vyftien adviseurs het die afgelope jaar vir die prestige Arend toekennings gekwalifiseer en is gekies volgens sekere normes. Van hulle is Lian Anderson, Evelyn Tladi, Renate Filipe, Zagonell van der Walt, Chantelle Coetzee, Anshe Kruger, Walter Fraser. Agter is Jonathan Mohale, Phuti Meso, Chantelle Coetzee en Lourens Greyling.

 

Rico Honeycomb (Besigheidsont-wikkelingsbestuurder van Limpopo) oorhandig die trofee vir Sanlam Limpopo junior Kampioen aan Jan Hendrik Jacobs wat langs sy vrou Hanlie poseer.

 

Wille Viljoen, Walter Fraser, Ida Fourie, Dorothy Davies, Anshe Kruger, Kobus McCabe, René Hartman, Gwyneth Hunter, Linda Prinsloo, Chantelle Coetzee, Jonathan Mohale en Lourens Greyling is deel van die yftien adviseurs wat vir die gesogde International Quality Award kwalifiseer. Afwesig: Sampie Pretoruis en Wally Fraser.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button