Bosveld NewsLocal NewsNews

Sokkerveld word ‘n lus vir die oog

Steele beplan om die veld in die toekoms onder sy vlerk te neem nadat hy die nodige toestemming daarvoor gekry het.

MOKOPANE- Terwyl Jimmy Steele, Skoolhoof van Hoërskool Piet Potgieter, die dorp verken het gedurende ‘n naweek, sien hy op die sportvelde in Fouriestraat ‘n sokkerspan wat speel.

Dit is munisipalegronde en is daar vir die gemeenskap om te gebruik. Die gras is so lank en hy kan nie indink hoe iemand op sulke velde kan speel nie. Steele besluit toe net daar en dan om iets daaraan te doen en die skool se toerusting en mannekrag word ingespan om die gras te sny.

Die afgelope tyd se reën het sy planne effe in die wiele gery en die skoonmaakproses is eers verlede Vrydag begin.

Steele beplan om die veld in die toekoms onder sy vlerk te neem nadat hy die nodige toestemming daarvoor gekry het.

Duidelik is hierdie ‘n man met ‘n oop hand en hart wat nie net vir sy skool nie, maar ook die gemeenskap omgee.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button