Malaria op ons voorstoep
Simptome van Malaria insluit hoë koors, hoofpyn, naarheid, braking, diarree, anemie, spierpyn en stuiptrekkings.
POLOKWANE – ‘N inwoner van Mokopane is onlangs positief vir malaria getoets.
Dr. André Rossouw, ‘n plaaslike geneesheer, het aan Bosveld bevestig dat die vrou positief getoets is.
‘n Woordvoerder van die Departement Gesondheid, Thabiso Teffo, sê die gevalle wat onlangs aangemeld is in die Waterbergstreek tans op 46 staan. Geen sterftes het al voorgekom nie.
Teffo sê Malaria kom gewoonlik in die Vembe en langs die Kruger-wildtuin en Mosambiek en verder Noord van Afrika voor.
Dit is vir die departement kommerwekkend dat Malaria gevalle sover as Pretoria en Rustenburg aangemeld is.
Die Departement van Gesondheid het ‘n span op die grond wat besig is met giftoediening in die gebiede waar hoë getalle gerapporteer is en hoop die getalle gaan afneem in die komende paar weke.
Teffo sê die Departement van Gesondheid monitor die situasie en versoek die publiek om dokter toe te gaan as hulle simptome soos koue- en hoë koors, hoofpyn, naarheid, braking, diarree, anemie, spierpyn en stuiptrekkings het.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za




