NewsSchools

Deurnag op rugbyveld in tente ‘n avontuur

Die jaarlikse massakamp van Laerskool Pietersburg-Oos wat as die tentedorp bekend staan het onlangs die skool se rugby­veld in ‘n pretparadys omskep. Die tentedorp is een van die geldinsamelingsprojekte wat die graad 7-groep jaarliks aanpak om aan die einde van die jaar ‘n afskeidsgeskenk vir die skool te koop. Graad 4- tot 7-leerders kon in …

Die jaarlikse massakamp van Laerskool Pietersburg-Oos wat as die tentedorp bekend staan het onlangs die skool se rugby­veld in ‘n pretparadys omskep.
Die tentedorp is een van die geldinsamelingsprojekte wat die graad 7-groep jaarliks aanpak om aan die einde van die jaar ‘n afskeidsgeskenk vir die skool te koop.
Graad 4- tot 7-leerders kon in die pret deel waar staanplekke vir tente teen R60 verkoop is.
Tussendeur het leerders het ‘Laser Tag’ gespeel, ‘n laatnag fliek gekyk, wegkruipertjie en raakrugby gespeel.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Jan-Hendrik Venter verras sy opponent tydens ‘n ‘Laser Tag’ spel.
TJ Conradie herlaai sy laserstraalgeweer.
Graad 4-leerders Braydan Retief, Marcel Bouwer, Jared Janse van Vuuren en Stefan Botha se eerste tentedorpervaring.
Ruwan van der Watt en Edward-Hugo Conradie.
Alex Vonderstein en Roald Pretorius voor hul tente.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button