Boere swaai stokke vir Nyl Gholfdag
Die Kameeldoring Gholfklub het weer hulle jaarlikse Nyl Gholfdag gehou ten bate van 'n fondsinsameling vir die Nyl Boerevereniging.
MOKOPANE- Die dag was ‘n groot sukses en deur elke deelnemer met geesdrif en entoesiasme aangepak.

De Wet Kruger van Garrun Makelaars het as seremoniemeester opgetree en Lucius van Schalkwyk, Voorsitter van die Nyl Boerevereniging, het die aand se pryse oorhandig.

Vleissentraal se span het die dag ten volle geniet en dan ook met die prys weggestap vir die span met die meeste gees. Craig le Roux van Vleissentraal het die aand sy dienste aangebied om as die afslaer op te tree en het homself goed van sy taak gekwyt.

Die spanne wat weggestap het met pryse was: Eerste: Caltex the Ranchspan. Jannie de Beer, Jackie van Wyk, Kobus van Wyk en Fanie Kemp. Tweede: Bearing Manspan. Antony Hawken, Gerhard du Plessis, Freddie van Wyk en Theuns Marais. Derde: Garrunspan. Phillippie de Beer, Swannie Swanepoel, Walkie Kruger, Stanley Blount.

Die span van die dag was Vleissentraal se Leon Fourie, Johan Visser, Craig le Roux en Henko Victor. Die Gholfklub bedank al die borge vir hulle lojale ondersteuning om die dag so ‘n groot sukses te maak.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za




