Osies klits kapsels wat koppe laat draai
Vreemde haarstyle en -bykomstighede het leerders en personeel van Laerskool Pietersburg-Oos Vrydag tydens die skool se jaarlikse Funky Hair Day aan die praat gehad. Leerders het R10 elk betaal om hul hare so laf as moontlik op te tooi en die skoolreëls is in alle opsigte gebreek met kleurvolle kapsels en hooftooisels met tot bottels …

Vreemde haarstyle en -bykomstighede het leerders en personeel van Laerskool Pietersburg-Oos Vrydag tydens die skool se jaarlikse Funky Hair Day aan die praat gehad.
Leerders het R10 elk betaal om hul hare so laf as moontlik op te tooi en die skoolreëls is in alle opsigte gebreek met kleurvolle kapsels en hooftooisels met tot bottels en voëlneste. Sommige meisies se haarstyle het die byekorfstyl van die 1960’s minderwaardig laat lyk.
Adriaan du Plessis en Cara Botha is as graad 1-wenners aangewys, Sumieke Daly, Joré Benade en Marené Cloete, graad 2-wenners en Bea Venter en Danica Nel is graad 3-wenners.
Lariska van As en Sanchia de Jager was die wenners in graad 4, terwyl Clarise Engelbrecht, JW Dreyer en Kayla Borman die Graad 5-voorlopers was. Zandri Beeslaar en Zander Maritz is as graad 6-wenners aangewys en Zunay van Schalkwyk en Bernice van der Linde het die kreatiefste haarstyle in graad 7 gehad.
Die skool het R9 000 ingesamel wat vir die aankoop van toerusting en sakke vir die skool se netbalspanne aangewend sal word.
Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

















