NewsSchools

Toktokkie waarsku teen sonbrand

Kleuters van Werk en Woeker Kleuterskool het onlangs ‘n besoek van ‘n kleurvolle eregas gekry en die jongspan het hom met ope arms ontvang. Kansa se gelukbringer, Toktokkie, en Corné Marais, Kansa Polokwane se kantoorbestuur­der en gemeenskapsmobiliseerder, het by die skool ingeloer om die kinders meer oor gesonde eetgewoontes, die belangrikheid van oefening en die …

Kleuters van Werk en Woeker Kleuterskool het onlangs ‘n besoek van ‘n kleurvolle eregas gekry en die jongspan het hom met ope arms ontvang.
Kansa se gelukbringer, Toktokkie, en Corné Marais, Kansa Polokwane se kantoorbestuur­der en gemeenskapsmobiliseerder, het by die skool ingeloer om die kinders meer oor gesonde eetgewoontes, die belangrikheid van oefening en die gevare van sonbrand te leer.
Toktokkie het aan die kleuters verduidelik dat hulle beter beskerming teen siektes soos kanker het wanneer hulle ten minste vyf porsies groente en vrugte per dag eet en gereeld oefening doen.
Hy het hulle ook aangeraai om sonskerm aan te smeer en hoede op te sit voordat hulle buite gaan speel.
Die kleuters het elkeen ‘n R10-donasie aan Kansa Polokwane gemaak en groot pret gehad terwyl hulle inkleurprente met Toktokkie daarop ingekleur het.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Kansa se gelukbringer, Toktokkie, kuier by die jongspan van Werk en Woeker Kleuterskool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button