Bosveld NewsNews

Goue sleutel vir ou Hansies

Verskeie oud-leerders van Hoërskool Hans Strijdom is beloon met 'n Goue Sleuteltoekenning van die Noordwes Universiteit

MOKOPANE – Verskeie oud-leerders van Hoërskool Hans Strijdom wat aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom studeer, is beloon met ‘n Goue Sleuteltoekenning vir hulle uitmuntende akademiese prestasies.

Om lid te wees van die Golden Key International Honour Society moet jy op akademiese vlak presteer.

Stefan Pretorius, oud-Hansie matrikulant van 2015,het ‘n Goue Sleuteltoekenning by die Noordwes Universiteit ontvang. Hy studeer B.Com Regte.

Golden Key is ‘n internasionale organisasie wat in Amerika ontstaan het en is daarop gerig om studente wat op akademiese gebied op universiteit presteer, te beloon.

Ilse Gravett, matrikulant van 2015, het ook ‘n Goue Sleuteltoekenning van die Noordwes Universiteit ontvang. Sy studeer Bsc Dieetkunde en is ook aangewys as die beste dieetkunde student in haar jaargroep.

Dit is een van die grootste organisasies van sy soort in die wêreld en bied lewenslange lidmaatskap, beurse en vele voordele as jy op akademiese gebied uitblink.

Lin-Marie Swanevelder het in 2013 haar matriek aan Hoërskool Hans Strijdom voltooi en daarna gewys sy is ‘n slimkop. Sy het ‘n Goue Sleuteltoekenning van die Noordwes Universiteit ontvang vir haar goeie akademiese prestasies. Sy studeer tans NGOS en het reeds ‘n graad in menslike beweegkunde en sielkunde voltooi. Foto’s: Verskaf

Om in die Golden Key lys van presteerders opgeneem te word moet jy 75%+ gemiddeld behaal in al jou vakke/modules saam. Slegs die top 15% presteerders van elke universiteit word jaarliks tot die lys bygevoeg.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button